Die Storie van Gratis

Hierdie oënskynik-eenvoudige sprokie word vertel deur `n regte gryse wysevrou, wat help om die onderliggende lewenslesse in die stuk te versterk. Die wonder-wêreld van “Onse Iemand”, sy vriendskap met Son, sy ontmoeting met die glibberige, flambo(bril)jante meneer Schmunk en sy avontuurlik soekers-reis neem letterlik voor jou oë, fassinerend, vorm an. Enige-iets, klanke, lig- en skadu-teater tot papierpoppe word ingespan.

Soos in al Wiebke se stukke word die onmoontlike moontlik gemaak. “Die storie van Gratis” is `n stuk waardeur oud en jonk eweveel aangegryp sal word. In haar teaterstukke beweeg Wiebke vrylik in wêrelde wat by die toeskouer die verlange skep na `n lewe sonder moderne tegnologie, waar almal saans om die kaggelvuur versamel om na die wysheid van die gryses te luister (en soos dinge tans by die elektrisiteitsvoorsiening lyk, sal stukke soos “Die storie van Gratis” dalk kort voor lank die aandag kry wat dit verdien!)

Kom kyk en geniet!

Tegnies:

  • Afrikaans/Deutsch
  • 45 minute
  • 5 – 99 jariges (familie)
  • Opbou 3 ure
  • Afbou 1 uur
  • Verhoog 4mx3m
  • Ruimte verdonkerbaar
  • 2 x kragproppe op verhoog
  • Algemene lig & 4 pars

CV’s

KONTAK MY

TELEFOON

+27 83 287 5689

EPOS

wiebke@teatroaha.co.za

    2020-09-15T09:53:52+00:00
    Go to Top