Kerstyd word lig gevier. Die storiesmid Wiebke steek haar silhoeët-lanterns aan en betower jou met lig van sprokie-stories uit haar oorvloedige voorraad, sodat jy voel jy is deel van `n glinsterende kersboom!

Haar vertellinge is soos ‘n legkaart met mekaar en rondom die kersfeestema geweef en spreek tot die kind wat elkeen van ons jonk van hart hou: `n verlore kroon, die ontstaan van vlieënde tapyte, die eiesinnige houtstomp, van engele, die halwe prins en `n skaapwagtertjie wat nog vir sy skape wag.

Kom betree `n ruimte waarin daar `n hele wêreld van stories rondom jou in die lug sweef….

Tegnies:

  • Afrikaans/Deutsch
  • 40 – 60 minute
  • Familie
  • Opbou 2 – 3 ure
  • Afbou 1 uur
  • Verdonkerbare ruimte
  • Algemene beligting
  • Kerslig (vuur)

KONTAK MY

TELEFOON

+27 83 287 5689

EPOS

wiebke@teatroaha.co.za

    2020-09-15T09:41:15+00:00
    Go to Top