Paul Mikula het die tradisionele opleiding as smid ontvang en het meer as 25 jare ervaring in hierdie antieke handwerk.  Sy werke vertoon in openbare areas (Skotselv, Noorweë; Ieper, België; Grondwetlike Hof, Suid-Afrika) asook in privaat wonings en versameling in Suid-Afrika, Amerika en Europa.