Kers-tyd-stories2018-10-20T04:41:55+00:00

Project Description

Kerstyd word lig gevier.  Die storiesmid Wiebke steek haar silhoeët-lanterns aan en betower jou met lig van sprokie-stories  uit haar oorvloedige voorraad, sodat jy voel jy is deel van `n glinsterende kersboom!

Haar vertellinge is soos ‘n legkaart met mekaar en rondom die kersfeestema geweef en spreek tot die kind wat elkeen van ons jonk van hart hou:  `n verlore kroon, die ontstaan van vlieënde tapyte, die eiesinnige houtstomp, van engele, die halwe prins en `n skaapwagtertjie wat nog vir sy skape wag.

Kom betree `n ruimte waarin daar `n hele wêreld van stories rondom jou in die lug sweef….

Tegnies:

  • Afrikaans/Deutsch
  • 40 – 60 minute
  • Familie
  • Opbou 2 – 3 ure
  • Afbou 1 uur
  • Verdonkerbare ruimte
  • Algemene beligting
  • Kerslig (vuur)

KONTAK MY

TELEFOON

+27 83 287 5689

EPOS

wiebke@teatroaha.co.za

    Go to Top