Spieël-speel

Op die verhoog is ´n groot parabool spieël en ´n vrou.

Die spieël word ook „spieël van hoop“ genoem. Hy word gebruik om kos met sonlig te kook, maar kan ook ´n teatrale objek word, waarmee die speelster van byna vergete Khoi-San legendes, sprokies uit ander wêrelde, uit die alledaagse lewe en ware leuens vertel. So verskyn die eensame vrou by die vuur – nog voor die groot lig – en die moeder wat so groot is, dat sy moet afbuk om aan die boonste blare van ´n maroelaboom te kan raak en daarom dag vir dag met meer honger huistoe kom tot by die Ouma wat verbrand word.

´n Bekoorlike spel met klank, beweging en die besondere taal van objekte. Met ´n spelende vrou wat sowel heks as heilige is.

Tegnies:

  • Afrikaans / Deutsch/English
  • Jeug / Volwassenes (12+)
  • Opbou 3 ure
  • Afbou 1 uur
  • Verhoog 6mx6m, eenvoudige agtergrond
  • Ruimte verdonkerbaar
  • Algemene beligting, 6 pars en een “followspot”
  • Klanktoerusting
  • Kragprop op verhoog
  • Infrarooi lig word gebruik
  • 1 – 2 Persone vir lig & klank

CV’s

KONTAK MY

TELEFOON

+27 83 287 5689

EPOS

wiebke@teatroaha.co.za

    2020-09-15T09:48:02+00:00
    Go to Top