Op die verhoog is ´n groot parabool spieël en ´n vrou.
Die spieël word ook „spieël van hoop“ genoem. Hy word gebruik om kos met sonlig te kook, maar kan ook ´n teatrale objek word, waarmee die speelster van byna vergete Khoi-San legendes, sprokies uit ander wêrelde, uit die alledaagse lewe en ware leuens vertel. So verskyn die eensame vrou by die vuur – nog voor die groot lig – en die moeder wat so groot is, dat sy moet afbuk om aan die boonste blare van ´n maroelaboom te kan raak en daarom dag vir dag met meer honger huistoe kom tot by die Ouma wat verbrand word.
´n Bekoorlike spel met klank, beweging en die besondere taal van objekte. Met ´n spelende vrou wat sowel heks as heilige is.
Tegnies:
- Afrikaans / Deutsch/English
- Jeug / Volwassenes (12+)
- Opbou 3 ure
- Afbou 1 uur
- Verhoog 6mx6m, eenvoudige agtergrond
- Ruimte verdonkerbaar
- Algemene beligting, 6 pars en een “followspot”
- Klanktoerusting
- Kragprop op verhoog
- Infrarooi lig word gebruik
- 1 – 2 Persone vir lig & klank
CV’s
KONTAK MY
TELEFOON
+27 83 287 5689
EPOS