„Ou-tjiepe-lou, ek sê vir jou, ek is Henriette die hoendervrou,
ê-tjiepe-lê, ek wil vir jou sê, ek kan lekker lewendige storie-eiers lê!“
Henriette Hoendervrou kán goue eiers lê as sy wil, maar veiligheidsonthalwe verkies sy om fantastiese storie-eiers te lê. Buitendien dink sy dit is soveel meer opwindend, want storie-eiers is mos lewendig.
Dis alweer sulke tyd en vinnig-vinnig bou Henriette Hoendervrou (geskep en gespeel deur die poppespeelster en aktrise Wiebke Holm-Mikula) haar nes. Dáár sit sy dan ewe gemaklik op haar eiers en broei – o, wat ´n heerlike geleên-tyd om te kekkel! Henriette se bekkie staan maar min stil en die tyd vlieg soos sy vertel tot – krrrk – die eerste eiertjie oopkraak en ´n onbeholpe allerliefste storie-kuikentjie sy kop uitsteek.
Nou is daar geen keer nie, Henriette Hoendervrou vat jou saam met die kuikenstories soos wat hulle uitbroei:
kom sien hoe Fiemie Verestowwer grootword,
kom wonder saam waar die malkop-eier heengaan,
kom bespiegel ook wat van Wol, die wêreld-laaaaaaaaangste-wurm kan word en
kom beleef hoedat al die storie-eiers hul voete in die wêreld vind.
Gun jouself en jou liefstes die genot om Henriette Hoendervrou te ontmoet.
Tegnies:
- Afrikaans
- 55 minute
- Familie
- Opbou 1 uur
- Afbou 10 minute
- Algemene beligting
- Aanstygende sitplekke vir toeskouers indien moontlik
CV’s
KONTAK MY
TELEFOON
+27 83 287 5689
EPOS
wiebke@teatroaha.co.za