“Storiesambreel” is `n klein geskenk vir voetgangers op straat – `n storievrou sit onder haar sambreel waarop dit stories gereën het. Daar hang en drup-drup hulle dan nog van die sambreel af! Sy vang hulle vir `n klitsklein oomblikkie vas en oud, middel en jonk kry die kans om enige van die druppels te kies en gou-gou na `n 3-5 minuut storie te luister en loer. Kyk uit of jy die Storiesambreelvrou iewers raaksien – sy maal gewoonlik iewers tussen die voetgangers rond – en dan waag jy om `n storie vir jouself te kies.
Die storievrou is geskep en gespeel deur Wiebke Holm-Mikula, wat graag met haar musiek, fabels en poppespel verbygangers se drentel- of drukgangwese om `n fanta(-iet)sie verryk.
Met “Storiesambreel” het sy `n laaistasie vir energieke, kostelike, betowerende, sjarmante, oulike en stout stories geskep.
Tegnies:
- Afrikaans / English / Deutsch / gemeng
- 15 – 60 minute
- Aanpasbaar by gehoor; Familie
- Opbou 30 minute
- Afbou 20 minute
- Algemene beligting indien binnekant; Tussen voetgangers buitekant
CV’s
KONTAK MY
TELEFOON
+27 83 287 5689
EPOS
wiebke@teatroaha.co.za